IETS OOR ONS

SCHYFF BEEFMASTERS het ontstaan uit GW van der Schyff Vennootskap, ’n vierdegenerasie familieboerdery tussen Bultfontein en Soutpan op die plaas Rietfontein. Ons is twee broers aan die stuur van sake in die boerdery, naamlik Wilhelmus en CJ van der Schyff.

Die hoofkomponente van die boerdery is die stoet, SCHYFF BEEFMASTERS en ‘n beesvoerkraal.

Ons pa, wyle Willie van der Schyff, het met ’n wye verskeidenheid rasse in sy kommersiële kudde geboer, maar hoofsaaklik Beefmasters, Brahmaankruisings en Bonsmaras. Met hierdie wye verskeidenheid kon ons dus ’n ingeligte besluit neem ten opsigte van die ras waarmee ons graag voortaan wou boer.

Met swaarder speenkalwers, koeie wat in goeie kondisie bly ten spyte van moeilike omgewingstoestande en ’n hoë herbesettingsyfer was die keuse voor die hand liggend. Die BEEFMASTER-ras was die ras van ons keuse om ons boerdery tot hoër hoogtes te voer!

Ons het die eerste koeie in 2008 gekeur en so het SCHYFF BEEFMASTERS ontstaan.

question

WAT IS ‘N BEEFMASTER

Die Beefmaster-ras is deur die welbekende Amerikaner, mnr. Tom Lasater, ontwikkel en in 1954 as ras deur die Amerikaanse Departement van Landbou goedgekeur.

profits

WINS FAKTORE VAN BEESBOERDERY

Ons bespreek die drie belangrikste ekonomiese eienskappe wat die wins per hektaar drasties kan verhoog. Hierdie aspekte gaan meer oor die BESTUUR daarvan en dit gaan nie ’n plaas se prys kos nie, maar dit gaan wel nog ’n plaas se inkomste bring. Hierdie drie eienskappe is vrugbaarheid, gewig en weidingbestuur.

dnaa

SCHYFF BEEFMASTER TEELBELEID

Ons teelbeleid is gegrond op Lasater se ses noodsaaklikhede, naamlik vrugbaarheid, temperament, gewig, bouvorm, gehardheid en melkproduksie.

FOTOS

KONTAK ONS

Latitude 33.55 S • Longitude 18.22 E

Bultfontein

Sel:  082 306 1799 • 083 951 2196

Epos:  info@schyff.co.za